SESSIE - JUDAS - MOENIE GENADE MISBRUIK NIE
- elsabehorn4
- Nov 13, 2023
- 2 min read

Is daar iets wat in jou gedagtes opkom as jy hierdie vraag moet antwoord? Ons praat nie van 'n klein foutjie of 'n paar lawwe dinge wat jy al aangevang het nie, maar groot gewigtige dinge wat jou skaam en skuldig en veroordeel laat voel...

Vir al die gemors wat jy al in jou lewe aangevang het, kom troos die Bybel jou met God se genade. Daar is verskeie stories in die Bybel waar God se genade aan "onverdiende" mense en dade toegestaan word. Wat staan vir jou uit in hierdie karakters se lewe en hoe onthou jy hulle uit die Bybel?

Aan watter insidente in jou lewe kan jy dink waar God aan jou baie genadig was? Of waar het ander persone al aan jou genade bewys wat jy nie verwag of verdien het nie? Daar is baie sulke stories in ons alledaagse lewe.
Een so 'n storie is van John Newton, 'n man wat eens die kaptein van 'n slaweskip was en dramaties bekeer is en die liedjie "Amazing Grace" wat ons vandag sing geskryf het. Hy het homself as 'n groot sondaar beskryf wat deur God se ongelooflike genade gered is.

Lees die woorde van die pragtige lied wat ons vandag nog sing en besef dat God se genade ook vir jou bedoel is.




Waar moet jy dalk genade uitdeel wat jy ontvang het? Genade is nie bedoel net vir ons nie, ons kan en moet dit met ander deel omdat ons dit van God ontvang.

Lees saam Judas 3-4 (hier onder is die Boodskap vertaling).



Om genade te kan ontvang, moet ons in diepe skulderkenning en belydenis voor God staan. Ons kan nie genade misbruik of goedkoop ag nie - dit is duur gekoop vir ons om ons te genees en ander te genees.
Mag jy ook roep tot God - Here help my!

Comments