top of page

SESSIE 5 NOV: 1 JOH 5


Lees 1 Johannes 1:5-10 deer om ʼn begrip te kry van ons fokus teks.




Lees Matteus 8:1-4 deur.

In daardie tyd was iemand met melaats as onrein beskou en uit die gemeenskap gestoot. Wat sien ons raak van Jesus se interaksie met die man?




Lees nou Markus 5:25-34 deur.

Wat let ons op van Jesus se interaksie met die vrou. Hoe antwoord Hy haar na sy haar hele geskiedenis met Hom deel?




Lees nou weer 1 Johannes 1:5-10 deur.

Johannes in nie hier besig om oor ons verlossing te praat nie, maar eerder n verhouding wat God met ons wil hê.



As ons gaan dink aan God as lig en ons sonde as die duisternis, watse uitnodiging mag ons dalk in die teks vind.

Soms versteek ons, ons verlede van Hom en self van onsself. Ons steek die donker weg. God wil sy lig daar kom skyn. Daar waar ons mag voel ons is onrein wil Hy ons reinig. Daar waar ons, onsself voor Hom kom openbaar en ons lewens verhaal met Hom deel wil Hy ons sy kinders noem. Is dit dan nie juis oor die donker in ons lewens, die sonde, dat Jesus vir ons kom sterf het nie en is dit dan nie juis daar waar ons die lig moet in nooi nie?





Die jeuk van sonde is swaer. Ons plaas verwagtinge op onsself en het verwagtinge van ander en dit mag soms swaar op ons rus. Hoe kan ons Jesus se jeuk opneem?

Mag dit wees deer Hom in te nooi na die plekke waar ons swaar dra?




Bid nou saam en bring na die lig wat jy in die donker hou as dit moontlik is.

En op jou eie bring God na die plekke waar jy bang is om te wees en nooi Hom om sy lig daar te skyn dat Hy vir jou kan sê wie jy vir Hom is.

 
 
 

Σχόλια


Bly op hoogte

Dankie vir jou deelname!

081-701-8260

horn@afol.com.na 

©2023 by Terracotta. Proudly created with Wix.com

bottom of page