top of page
elsabehorn4

SESSIE - 28 JANUARIE 2024




Vandag kyk ons na die Bybel as saad in ons lewe.



Lees Matteus 13:18-23. Waarna verwys die saad? Dit is die Woord van God, die goeie nuus, die evangelie en dis nie net iets wat mense in 'n ver land moet kry nie, dit moet in jou eie lewe wortel skiet, groei en vrug dra.




Dink maar aan Bybelverse as koringkorrels. Wat is jou gunsteling Bybelvers? Watter vers het iemand dalk vir jou onlangs aangestuur? Jesus verduidelik aan die mense dat nie almal die Woord verstaan nie - dit maak nie altyd sin nie. Watter gedeeltes van die Bybel is dalk vir jou moeilik om te begryp? Daar is dele waarvan ons hou en ander wat ons vermy of wat net nie maklik is om te verstaan nie.


Kom ons kyk na die eienskappe van saad, want dan sal ons ook onsself en die Woord van God beter verstaan.



Saad moet in die grond geplant word.

* Die grond wat hier van gepraat word is jou eie lewe - jy is 'n instrument vir God se Woord. Watter rommel is daar in jou lewe wat in die pad staan van volkome oorgawe aan die Woord?



Saad groei in die geheim

* Daar is sekere dinge waaroor ons net nie beheer het nie. Party goed verstaan ons glad nie. Baie goed maak net die sin nie. Hoe het dit gebeur? Die Bybel, God se Woord, is nie altyd verstaanbaar nie, maar dit het en gebeur wel. Ten spyte van... Hoe kan God my liefhê ten spyte van my swakhede? Hoe is dit moontlik dat my man my vergewe of ek my vrou kan vergewe vir wat sy aan my gedoen het?


* Het daar al groot en onverklaarbare dinge in jou lewe gebeur wat jy nie noodwendig beplan het nie? Watter rol dink jy het geloof daarin gespeel?


* In die geheim, werk God steeds. Daar waar die saad gesaai is, is Hy nog nie klaar met jou nie. Op die oog af lyk dinge nie rooskleurig nie, maar God werk in die geheim, agter die skerms. Hy laat groei



Lees 1 Kor 3:4-5. Wat staan vir jou uit in hierdie gedeelte?



Saad is klein

* Saad is nietig en onbenullig teenoor 'n sypaadjie van sement. Maar met tyd het daardie saad die potensiaal om deur die sement te breek.



Saad vereis tyd en sorg om te groei

* Dis 'n tydsame, gelydelike proses. Die Woord van God is iets waaroor ons moet mediteer, dit moet marineer, broei en "aan ons begin groei." Dit kort gereelde aandag, moeite, gehoorsaamheid.


* Watter verandering sou jy graag in jou eie lewe wou sien?


* Watter verandering sou jy graag in iemand anders se lewe wou sien, of in die wêreld rondom jou?


* Moenie moed opgee nie! God is besig met die voorbereiding.


* Moenie ophou saai nie! Jou klein en nietige getuienis maak 'n verskil


* Moenie dinge forseer nie! God het Sy eie tyd en daar is 'n rede hoekom ons deur moeilike tye moet gaan of dinge nie verstaan nie. Moenie die Woord van God op iemand af forseer nie, jy kan nie jou vriend forseer om op te hou drink nie, jy kan nie iemand dwing om lief vir jou te wees nie - dit hang nie van jou af nie, maar van God.



Saad het krag

* Lees 1 Kor 4:20. Met wie sou jy graag hierdie vers wou deel hierdie week?





Saad bring nuwe lewe

* Lees Hebreers 6:4-8. Daardie geheimenis wat vir ons al hoe meer bekend word soos ons groei, is die werk van die Heilige Gees.



* God roep ons met Sy Woord tot 'n hoër orde - tot wedergeboorte. Hoe verskil 'n saadjie van 'n plant met 'n dier en met 'n mens? En hoe verskil 'n mens van 'n wedergebore mens? Daar is nog baie om te verstaan, te begryp, te leer en God roep ons tot hierdie nuwe lewe. Wat is die verskil tussen iemand op "life support" en iemand wat self asem haal? Net so is die Ou Testamentiese lewe vervang met 'n nuwe orde, maar dit was waardevolle voorbereiding vir ons om genade, liefde, vergifnis beter te kan verstaan. In die ou lewe moes ons heeltyd aan reels en wette herinner word, as nuwe mense doen ons dit dikwels outomaties.



Kyk bietjie terug na jou lewe drie maande terug. Of ses maande. Of 'n jaar. Watter groei het daar in jou lewe, veral in jou geestelike lewe, plaasgevind? Indien geen verandering of selfs agteruitgang, wat kan die redes wees? Hoe kan jy daardie saadjies weer versorg om op te kom en vrug te dra?


BID SAAM:

  • Mag ons nooit ophou om te verdiep in God se Woord nie

  • Mag ons nooit ophou saai in ander mense se lewens nie

  • Mag ons onthou dat alles tyd vat

  • God laat dit groei en God roep jou tot 'n nuwe mens!

28 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page