Regoor die wêreld is mense besig om hul dankbaarheid te bewys deur mooi goedjies vir mekaar te sê, of geskenkies vir mekaar te gee, of saam te eet en saam fees te vier.
Die Amerikaners noem dit Thanksgiving.
Lees saam Lukas 17:11-19. Kan jy jouself met enige van die karakters in die storie identifiseer? Wat vertel hierdie gedeelte jou van Jesus en van die samelewing in daardie tyd?
Hierdie manne het melaats gehad. Dit was 'n verskriklike siekte wat veroorsaak het dat die een wat siek is se vel, selfs hulle vingers, tone en hulle ore ontbind.. Af val...
Numeri 12:10-12 beskryf Aaron die siekte so...
Eerstens: Die wat melaatsheid gehad het het eintlik geen meer hoop gehad nie. Hulle mag nie tussen mense gekom het nie, anders sou hulle die wat gesond is aansteek, so hulle moes afgesonderd, weg van almal af bly. Waar hulle eintlik maar vir die dood gewag het... Het jy al so hopeloos in jou lewe gevoel?
Die tweede punt wat ons raaksien, is dat hierdie manne Jesus erken. Hulle roep uit desperaatheid uit na Jesus en hulle roep hard uit, "Jesus, Here, ontferm U oor ons!” Hulle het Jesus vir hulp gevra. Waarheen gaan jy as jy hopeloos voel? By wie pak jy af?
Die derde punt: Hulle is toe wraggies genees!!!! Maar net een man, besef hy is genees, en hy begin om die Here hardop te prys!! Hoe dikwels stop jy om God te erken in jou lewe? Hoe dikwels bedank jy Hom vir wat Hy doen?
Lees weer vers 18 en 19. Is jou lewe dalk te gejaagd om te stop en God te erken? Wat dink jy sou jy gedoen het?
Dankbaarheid is nie net 'n emosionele reaksie op goeie dinge nie; dit is 'n daad van erkenning dat alles wat ons het, van God kom.
In Filippense 4:6 word ons aangemoedig: "6Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend."
Ons kan uit hierdie storie leer dat dankbaarheid nie afhanklik is van omstandighede nie. Die nege het genesing ontvang, maar hulle was nie dankbaar nie. Ons moet dus nie net bewus wees van die goeie dinge in ons lewens nie, maar ons moet God ook daarvoor dankbaar wees.
Lees 1 Tessalonisense 5:16-18.
Lees Kolossense 3:15-17
Dankbaarheid moet uit die hart van die gelowiges vloei...
Dit is duidelik dat ons DANKBAAR moet wees.
Ek wil julle Challenge...
* Wanneer jy op jou eie is, sê vir God waarvoor jy dankbaar is...
* Wanneer jy saam met jou huweliks maat in die kar ry, sê vir mekaar waarvoor julle dankbaar is.
* Wanneer julle en julle kinders saam is, skep 'n geleentheid dat almal iets deel waarvoor julle dankbaar is, en bid dan saam en sê vir Jesus dankie.
* Sodra ons begin dankie sê vir die groot en die klein goed in ons lewens, gaan ons baie vinnig besef hoe die Here se hand in ons lewens is.
* En challenge jouself bietjie... Wanneer jy gekla het of aan negatiewe gebeure gedink het, moet jy vir tenminste 3 goed of gebeure dankbaar wees...
Ons moet mekaar herinner om DANKBAAR te wees... Dit sal ons hele houding teenoor ander, teenoor ons omstandighede, en selfs teenoor die here verander...
WEES ALTYD DANKBAAR...
Comments