top of page
elsabehorn4

SESSIE - 21 JANUARIE 2024



Die Woord van God is Salf vir ons siel.

 

Ons weet tog dat wanneer ons 'n wond los, dan word dit baie keer net erger. Die wond word septies en die seer word net seerder.

 

Wanneer ons 'n wond kry dan moet ons dit tog versorg. Ons moet dit skoonmaak, wat ook baie seer kan wees, en ons moet dit ontsmet, gewoonlik met 'n salf wat die wond skoonmaak en skoon hou, en wat dan die vlees genees.

 

DIE BEHOEFTE

 

Ons sien dat deur die eeue heen is die mens gewond, en is opsoek na genesing. En die mens weet dat hulle genesing van die Here af kom... Maar hoe?

 

Hoe genees die Here hulle wonde?

 

Lees Jeremia 8:18-22 saam deur...



Die mense het geweet dat as God daar is, dan is hulle gesond. Fisies en geestelik.

 

Maar dit het vir hulle gevoel of God hulle verlaat het. Hulle het uitgeroep na Hom, maar steeds het hulle gewonder of God met hulle is...

 

Maar die Here het Sy volk laat weet dat die uitkoms naby is. Die Here is naby, maar hulle sonde laat Hom ver voel.

 

DIE ANTWOORD OP DIE BEHOEFTE

 

Lees Jesaja 40:1-2 & 9-11 saam...

 



 



Jesaja skryf hier oor die Messias wat oppad is, en dat die volk van hulle elende gered sal wees.

 

 

DIE VERVULLING VAN DIE BEHOEFTE

 

Dan sien ons dat die Messias gekom het!!!!

 

Sy WOORD EN SY DAAD het die mense genees van hulle fisiese kwale, maar Hy het hulle geestelikke kwale ook genees!!

Lees nou Matteus 4:23-25...

 



 

Jesus, die Messias het van dorp tot dorp gegaan, Hy het die mense GELEER, Hy het die Evangelie VERKONDIG, en Hy het hulle GENEES...  Sy WOORDE het genees, en Sy DADE het genees!!

 

Lees nou Matteus 9:35-39...



 

Jesus het die mense ook innig jammer gekry. Hy het hulle hopeloosheid en seer raakgesien...

Maar Hy is die goeie herder. Die mense moet Hom volg. Hulle sal genesing by Hom kry...

Jesus gee tot vir Sy disipels die autoriteit om die siekes te genees en die Evangelie van die koninkryk van God te verkondig.. Deur hulle WOORD en DAAD verteenwoordig hulle nou die goeie herder...

 

 

MAAR TOG IS DAAR TWYFEL...

 

Lees Matteus 11:2-6...

 



 

Jesus het bewys dat HY DIÉ EEN IS WAT SOU KOM. Jesus is die Messias. Hy is die Geneesheer. Hy is die Goeie Herder.

 

 

ONS

 

DIE BEHOEFTE

 

Ons het ook al soos die mense in Jeremia se tyd gevoel, waar ons dink God is baie ver weg, of dat Hy Sy rug teen ons gedraai het... Net soos hulle het ons ook al gevra of God ons verlaat het...

 

 

DIE ANTWOORD OP DIE BEHOEFTE

 

Hulle het nog hoop gehad op die Messias wat moet kom...

Ons weet verseker dat die Messias reeds gekom het, en nou sit ons met al die WYSHEID, EN MET DIE KENNIS OOR DIE KONINKRYK VAN GOD, EN ONS WEET DAT HY GENEES. HY GENEES DIE VLEES EN DIE GEES.

 

Ons sit dalk met 'n verlange na geneesing, dalk fisies, dalk geestelik...

 

Wat Jesus duidelik sê, is dat Hy die Goeie Herder is, en dat ons nie meer soos skape, hopeloos sonder 'n herder sit nie...

 

 

Wat ons verseker weet, is dat Jesus gekom het!!!!

 

HY IS DIE ANTWOORD OP ONS BEHOEFTE VIR GENESING!!!

 

 

DIE VERVULLING VAN DIE BEHOEFTE

 

Jesus, die Messias het van dorp tot dorp gegaan, Hy het die mense GELEER, Hy het die Evangelie VERKONDIG, en Hy het hulle GENEES...  Sy WOORDE het genees, en Sy DADE het genees!!

 

Dit is hoe die Here ons genees van ons kwale...

 

1. HY LEER ONS wanneer ons Sy WOORD lees - Dan is Sy Woord 'n Salf vir ons seer. Hoe meer ons leer, hoe meer weet ons van Hom, hoe meer weet ons dat Hy ons nie verlaat nie maar by ons is. Hoe meer ons dit weet, hoe meer kan ons op Hom vertrou en op Hom staat maak...

 

2. HY VERKONDIG SY KONINKRYK - Ons weet dat ons 'n vaste hoop het in Jesus se redding. Hy het nie net gekom om ons te genees van ons fisiese kwale nie, Hy het gekom om ons sondes verewig te vergewe. Hy het al ons seer en ons laste op Homself geplaas en dit oorwin, en HY belowe 'n ewige lewe saam met Hom in SY Koninkryk. Dit is waarna ons kan uitsien.

 

3. HY GENEES ONS - Ons sien in die Bybel dat Jesus mense van alle kwale genees, selfs laat Hy mense uit die dood uit opstaan...

 

Hy Leer hulle, dan verkondig Hy die Koninkryk, dan genees Hy hulle...

 

 

HOE WORD ONS GENEES?

 

Baie wat met kwale sit verwag dat die Here hulle moet genees, en dan wanneer hulle nie genees word nie, dan twyfel hulle. Maar hulle is nie bereid om by Jesus te leer deur Sy WOORD nie, en hulle is nie bereid om die leer van Jesus in hulle lewens toe te pas nie... Hulle is nie bereid om vas te hou aan die belofte van Sy ewige Koninkryk nie, en hulle twyfel...

 

Maar baie word wel geleer deur Jesus, en hulle pas die leer toe in hulle daaglikse lewens. Hulle hou vas aan die belofte van Jesus se ewige koninkryk en weet dat Hy vir hulle sondes betaal het en dat hulle vrye toegang het tot die Vader en die Koninkryk, en hulle twyfel nie. Hulle is geestelik verseker genees, maar dalk sit hulle nog met fisiese siektes of kwale... 




 

Dit is dan waar ons moet besef die Here gebruik alles ten goede meer vir dié wat Hom liefhet.

 

Dan moet ons besef die Here kan ons genees, en dalk genees Hy ons nie sodat ons 'n voorbeeld kan wees vir ander, om met 'n kwaal of 'n siekte te sit en steeds op die Here te vertrou... Om dan nogsteeds te weet die Here is goed, al is my omstandighede nie goed nie. Om dan uit te sien na die ewige lewe met Hom in Sy koninkryk waar daar geen seer of pyn of leiding is nie...

 

Dan besef ons die Here se WOORD gee vir ons vrede. SY WOORD IS DIE SALF WAT GENEES EN VERLUGTIG BRING...

 

AMEN

 

 

25 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page