PSALM 121
- elsabehorn4
- Oct 16, 2023
- 2 min read

Lees saam Psalm 121

Hierdie pelgrims lied was gewoonlik gesing in konvooi soos die mense op pad was na Jerusalem, ʼn plek van aanbidding.

Die reisiger kyk op na die berg wat hier voor hom lê. Hy kyk moontlik na die hoë plek en dink aan hoe mense afgode daar dien en hulp daarvandaan soek, hy bewonder dalk die pad en kyk op in angs in vrees van die rowers wat hulle dalk mag teë kom of hy is net bewus van die berg as uitdaging om uit te loop, die lang reis wat voorlê. Ongeag wat sy rede is, is hy op pad na ʼn plek van aanbidding en soos wat hy op kyk na dit wat voorlê besef hy God is nie net by sy bestemming nie, maar ook deel van sy reis.
Watse uitdaging op pad is dit wat dalk voor ons nou mag lê, en waar is dit dan waar ons hulp vandaan kom?

Lees nou weer vers 3 en 4.

Ons vind hierdie idee van standvastigheid in die begin van vers 3, hoe belangrik dink julle is dit vir iemand op reis, veral te voet om standvastige voet greep te hê?
Die Bybel is vol verse wat dit ons standvastigheid beskryf. Lees die volgende verse en kyk bietjie in wat kry ons standvastigheid:
Rom 5:2
1 Kor 15:1
1 Kor 16: 13
Gal 5:1
Phil 1:27
Phil 4:1

In 1 Konings 18 kry ons die uitspraak wat Elia teenoor die god van Bahl voer. Watse betekenis dra dit vir die reisigers en ons dan dat ons God nie slaap of sluimer nie?

Die Hebreeuse woord vir beskermer is ‘Shamar’ en dit kom 6 keer in die agt verse voor. As ons die Psalm lees sien ons ook hoe behep die skrywer met God se beskerming was dat hy nie eers die gevare wat hy mag teëkom noem nie. Wat dink julle sê dit van hoe ons gedagtes gerig moet wees op lewens reis?

Lees nou vers 5 en 6.
Ons sien hier ʼn beskrywing van beskerming tydens die dag en nag. Die dag verteenwoordig ons fisiese uitdagings wat ons in ons dag tot dag lewe ervaar en die maan die geestelike aanvalle wat ons mag teenstaan. God beskerm ons teen beide kante van gevaar. Waar in jou lewe het jy al dit ervaar en waar sou jy sê verlang jy daarna?

Lees nou vers 7 en 8. Wat sien julle raak van God se beskerming?

Ons lees die Psalm en sien hierdie beskrywing van God se beskerming. Waar in jou lewe mag jy dalk al gedink het dat Hy jou nie beskerm het nie? Dink aan daar waar jy dalk al seer gekry het.

Dink nou aan God in daai tyd. Wie was dit wat jou kwaad aan gedoen het. Was dit God of was dit ʼn persoon of iets van jou verlede. Besef dat God selfs in daardie tye met jou is en oor jou waak.
Mag ons ook wanneer ons op kyk na die berge van lewe, aanhou opkyk na die een wat nie net berge, maar die hemel en aarde gemaak het. Mag ons besef hy is die een wat ons beskerm op ons reis na Hom.
Commentaires