top of page
elsabehorn4

Tamatie-confit

Updated: Feb 4, 2023

Sonja de Beer, naaswenner van een van die Kokkedoor kompetisies op Kyknet, is familie van familie en het in my deurmekaar kombuis kom kosmaak vir my vriendinne. Dit was 'n absolute fees - nie net omdat sy die lekkerste geregte opgedis het nie, maar ook omdat sy so gemaklik en eerlik was, en haar hart met ons gedeel het en ons siele kom verkwik het.



Vir lank nadat sy weg is, het ons nog gepraat en gewonder oor ons rol as vrou in die huis. Dis maar soms vreemd en moeilik om iemand so naby aan jou persoonlike lewe toe te laat, so diep en morsig soos in die hartjie van die kombuis. Ons is bang en onseker en skaam en versigtig met ons lewens, ons harte en ons wense. 'n Kollega sê altyd dat as jy 'n yskas met iemand deel, dan is jy familie. Die wêreld benodig meer eerlikheid en openheid, maar dan ook meer vertroue en vergifnis. Ek hoop jy het die vrymoedigheid om jou hart en jou kombuis oop te maak vir meer mense hierdie jaar... en dat hulle om jou tafel sal kan sit (of staan as daar nie genoeg plek is nie) om van jou eerlike huiskos te geniet. Sonja het 'n paar resepte agtergelaat wat werk en soos huis proe. Hierdie "konfyt" is ideaal saam met braaivleis, op pizza of in pasta en ek sit dit op 'n gourmet burger.


Nadat Sonja by ons kom kuier het, was dit so lekker om onlangs 'n onverwagse pakkie van haar speserye uit die Kaap uit persent te kry in die parkeerarea by die skool (waar 'n groot deel van ons daaglikse lewensverloop gebeur). Dit het my sommer opnuut herinner aan die lekker geur van vriendlikheid, van onverwagse gasvryheid en "random acts of kindness". So eerlik soos wat Sonja se selfgemaakte speserye is, so eerlik wil ek voor die Here en die geliefdes rondom my wees. En dit begin natuurlik om 'n bord lekker kos.






3 views0 comments

Recent Posts

See All

Comentarios


bottom of page