top of page
elsabehorn4

49 - SONDAG, 11 FEBRUARIE



Kan julle glo dis nog net drie weke voor ons Bybellees tot 'n einde kom. Vir 'n jaar al het ons elke week probeer Bybel gelees (sommige het dit baie goed reggekry, maar dit was meestal maar moeilik om 'n nuwe ritme of dissipline aan te leer).


Ons het klaar so baie goed om op te fokus, ons het nie tyd om iets nuuts by te leer of 'n nuwe rigting in te slaan of nog hooi op ons vurke te laai nie.


Baie drome en ideale en doelwitte. Nog meer verskonings. Dis hoe dit dikwels voel.


Ek het hierdie week besef hoe baie van my drome en doelwitte platval omdat ek toelaat dat die vyand (in die vorm van mense rondom my, my verlede, emosies, vrese, twyfel en verskonings) ook na my tafel genooi word.


Vra jouself eenvoudig af hierdie week:

  • Watter doelwit het jy jouself al uitgepraat... en hoekom...?

  • Hoe beïnvloed dinge uit die verlede steeds jou toekomsbesluite, om vorentoe te beweeg?

  • Skryf nou net drie doelwitte/ drome neer waar jy regtig by wil uitkom

  • Begin elkeen van hierdie doelwitte visualiseer

  • Werk 'n strategie uit om by hierdie doelwitte uit te kom

  • Maak ook 'n lys van verskonings/ struikelblokke wat jy daagliks aan die kaak moet stel en hou dit aan doen totdat dit nie meer daar is nie (vrees, twyfel, luiheid...)


My gebed vir jou hierdie week is dat jy op minder sal fokus... maar daardie fokus tot aksie sal oorsit... sal aanhou... die verskonings sal aanspreek, wegspreek en vorentoe sal beur.


Fokus op dit wat die Koning aan die punt van die tafel sê - nie die ongenooide gaste nie.

5 views0 comments

Recent Posts

See All

Comentarios


bottom of page