top of page
elsabehorn4

52 - VRYE TOEGANG




Ons het uiteindelik aan die einde van 'n jaarlange Bybelreeks gekom en ek wil elkeen wat getrou saamgelees het 'n klop op die skouer gee vir gehoorsaamheid, getrouheid en uithouvermoë.


Ek weet daar was weke of maande wat ons glad nie by Bybellees uitgekom het nie.

Nogtans het God nie opgegee op jou nie.


Ek weet daar was tye wat die woorde wat ons lees op dowe ore en stukkende gemoedere geval het. Nogtans het God nie ophou klop nie.


Ek weet daar was Bybeltekste wat moeilik was om te volg en te verstaan.

Nogtans het God jou nie veroordeel nie.


Ons lees vandeesweek Openbaring, die laaste boek van die Bybel. Dis vir baie die moeilikste boek van die Bybel - onverstaanbaar, diep, erg. Maar dis eintlik die maklikste boek in die Bybel wat so half duisende bladsye se kennis kom onderstreep met 'n rooi koki - "daar is iets en iemand groter as jy en jou probeerslae - gee oor aan Sy gesag."


Ek besef dis regtig waar dat "He's got the whole world in His hands." Dit wat ons probeer wees en waaroor ons skuldig voel omdat ons dit nie regkry nie, dit is en doen Hy. Hy is oorwinnaar, Hy is getrou, Hy is alleswetend, Hy is genadig en Hy is liefdevol. Hy hou die sleutels van hemel en aarde in Sy hand.


Wat sien jy van God se plan in die deure wat nie outomaties vir jou oopgaan nie?

Wat sien jy van God se plan in die deure uit die verlede wat toegemaak is?

Watter deur is daar wat jy graag wil hê moet toegaan - wat sê God vir jou daaroor?

Watter deur is daar wat jy graag wil hê moet oopgaan - vra God vandag vir Sy wil en heersende hand!


MAANDAG, 4 MAART 2024: Openbaring 1-3

DINSDAG, 5 MAART 2024: Openbaring 4-7

WOENSDAG, 6 MAART 2024: Openbaring 8-11

DONDERDAG, 7 MAART 2024: Openbaring 12-15

VRYDAG, 8 MAART 2024: Openbaring 16-19

SATERDAG, 9 MAART 2024: Openbaring 20-22



18 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page