top of page
elsabehorn4

50 - SONDAG, 18 FEBRUARIE 2024




Hierdie week het ons onder andere een van my gunsteling gedeeltes in die Bybel gelees - 1 Petrus 2:9-10:

"Julle, daarenteen, is 'n uitverkore volk, 'n koninklike priesterdom, 'n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig. 10Julle was vroeër geen volk nie, maar nou is julle die volk van God. Julle het tóé geen barmhartigheid ontvang nie, maar nou het God aan julle barmhartigheid bewys.

Hoe dikwels dink ons om koningkinders te wees beteken ons moet alles perfek doen, nooit kwaad of hartseer raak nie, 'n model ma of vrou vir ons gesin wees.


Ek dink terug aan die eerste jaar wat my dogtertjie by die dansskool aangekom het - klein poppies met stywe pienk kleertjies en punt-toon skoentjies wat hulself soos prinsessies moet gedra, maar hoe ek stilweg gelag het vir die skewe bollas, vuil gesiggies, skrape-op-die-knieë dogtertjies met 'n groot tekort aan prinses-maniere!


Om deel van God se koninklike priesterdom te wees, beteken dat ons kinders van die koning is - omdat Hy perfek is. Hy kom haal ons uit ons nietigheid, alleenheid, broosheid, voel-nie-so-great-nie, swak of stukkende plekke met skewe bollas en kies ons om Sy kinders te wees - lede van die Royal Skool van Prinsesse. Maar dan begin die opvoeding en opleiding... 'n jarelange "grooming" oppad na koninklikheid.


Die Gees van God gaan jou verander van gesalfde na koninklike priesterdom, maar ons is nog nie daar nie. Ons is oppad, in-the-making, en ver van perfek af.


Dit word ook herhaal in 2 Korintiërs 1:21 -


"God self het ons saam met julle op hierdie vaste grond gevestig: op Christus. God het ons vir Hom afgesonder, ons as sy eiendom beseël en die Heilige Gees in ons harte gegee as waarborg van wat ons nog sal ontvang."

Wat 'n wonderlike vooruitsig en belofte!


En hoe moeilik is dit dikwels vir ons om uit die pad te staan sodat God kan skyn en deur ons kan werk!


Dame, klim af van jou troon, sit neer die goue kroon wat jy by Crazy Store gekoop het met die dingetjies wat jy self uitgedink het om te doen om goed te lyk... en gaan sit geduldig op jou stoeltjie by die koolstoof en wag vir God om Sy koninklike perfeksie deur jou te laat skyn. Dis die mooiste Cinderella storie ooit.


Amen.



9 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page