top of page
elsabehorn4

36 - SONDAG, 5 NOVEMBER 2023


In Handelinge 12 waar Paulus in die tronk is en sy uitlewering in die gesig staar, is hy vasgebind tussen twee slapende soldate wat sou wakker word indien hy beweeg. Die deure was gesluit en gegrendel met nog soldate, maar 'n engel het vir Petrus kom wakker maak en getuig dat niks onmoontlik is vir God nie. Op presies die regte tyd en oomblik. 'n Godsoomblik.


Petrus gaan klop aan by Maria se huis waar baie mense vir hom gebid het, maar steeds in ongeloof nie kon glo dat dit hy is wat by die deur staan nie. Al het hulle gebid, het hulle nie verwag dat hul gebede gaan realiseer nie.


As jy bid, is daar steeds 'n gees van twyfel en ongeloof oor jou? Dink jy jou gebede is te moeilik en onmoontlik vir God? Efesiers 3:20 herinner ons daaraan dat niks te moeilik en verregaande vir God is nie. Moenie ophou bid nie. Maar bowenal, moenie ophou glo nie. Moenie ophou verwag nie.


* Hoe lyk jou gebedsroetine?

* Is dit sporadies, in die oomblik of maak jy tyd vir diep gesprekke met God?

* Raak bewus van wat jy vir God vra en die rol wat Hy in jou lewe speel.

* Kry God nog die eer in jou gebede?


BID INTENSIONEEL.

1. Vir jou Familie

2. Vir jou Kerkgemeenskap

3. Vir jou Kollegas

4. Vir jou Buurt en Gemeenskap

5. Vir die Land en Leiers

6. Vir Jouself - jou hart, jou denke en jou roeping.


AMEN.






14 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page