top of page
elsabehorn4

31 - SONDAG, 1 OKTOBER


Ek is volkome warmbloedig, dit weet ek. Ek raak vinnig opgewerk en warm om die keel as iemand my te na kom. Ek stort sommer 'n traan van woede - en van deernis as dit sulke tyd is. Ek reageer sonder om altyd te dink. Ek kan nie werk as dit koud is nie en ek suffer geweldig as dit warm is. Ek lyk regtig soos 'n verlepte roomys wat nie ophou smelt as dit warm is nie.


Dis maar soos seisoene van die lewe. As 'n mens dit deur die goeie, vrugbare seisoen maak, is jy gereed en gerat vir die droe seisoen. En as jy deur daardie swaar tyd geworstel het, sien jy uit na 'n beter een. Die lewe is vol sulke tye, en ons harte gaan terselftertyd op en af soos ping pong balletjies of iemand wat asem ophou in ons goed en sleg.


Paar goed wat ek uit Prediker en Psalms hierdie week weer ontdek het:

* Daar gaan altyd slegte tye wees, maar ook altyd goeie tye

* Die swaar tye is van korte duur - daar wag 'n nuwe seisoen om die draai

* Blydskap is die enigste manier om bo te bly - soek vir daardie klein stukkie son wat jou hart warm laat klop - die kleinste ligpuntjie is die moeite werd. Al is daar net een goeie rede, mag dit die moeite werd wees.


1 Petrus 1:6:

"Verheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle 'n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings."


Galasiers 6:9

"Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel."



17 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page