top of page
elsabehorn4

26 - SONDAG, 20 AUGUSTUS 2023


God wil nie hê ons moet verdeeld wees nie. Sy grootste droom is gelykheid - almal wat 'n plek onder die son in Sy koninkryk het en Sy seeninge geniet. Maar vir dit om te gebeur moet ons mekaar in die oë kan kyk en saamwerk, kragte saamspan.


In 2 Kronieke 20, hoor Koning Josafat dat die koninkryk van Juda ingeval gaan word deur 'n menigte van drie verskillende nasies. Dit klink na vreesaanjaende nuus. In sulke gevalle is dit maklik om weg te hardloop, op te gee of teen mekaar te draai. Is dit nie so maklik om vinger te wys of te blameer as jy in 'n hoek gedruk word nie? Jy sal enige iets doen net om nie soos die swakke te lyk nie.

Koning Josafat het gevas en gebid en die volk het in sy voetspore gevolg. Die koning kry toe 'n antwoord van die profeet dat dit die Here se geveg was, en nie die geveg van die mense nie. Ons dink dit gaan oor wen en verloor - die Here sê dit gaan oor deel.



Luister, mense van Juda, inwoners van Jerusalem en koning Josafat! So sê die Here vir julle: Moenie vrees nie, moenie bang wees vir hierdie groot menigte nie, want hierdie oorlog is nie 'n saak vir julle nie, maar vir God.


Ons probeer onsself dikwels uit 'n gemors kry - op ons eie. Ons woeker en worstel en dink ons moet alles enduit probeer uitwerk sonder enige hulp of raad. Niks gee die Here meer vreugde as wanneer Hy kan sien mense staan saam en werk Sy plan uit - saam. Ons is nie geroep om in afsondering, alleen, te werk of te leef nie. Ons is lede van een liggaam. En saam is dit soveel beter - die moontlikhede en oplossings is onbeperk waar God deur ons spanpogings werk.

DINK BIETJIE:

* Watter worstelings het jy huidiglik wat jy dalk eerder aan God moet oorlaat? Dalk is dit nie jou geveg om te veg nie

* As jy terugkyk, is daar gevegte wat moontlik beter sou uitdraai as jy dit nie alleen probeer aanpak het nie?

* As jy vorentoe kyk, saam met wie kan jy moontlik kragte span om 'n gemeenskaplike doel te bereik?

* Koning Josafat het sangers aangestel om die Here te loof. Sodra dit gebeur het, het God die vyand onder mekaar laat begin veg. Josafat se weermag hoef nie te baklei het nie, want die vyand was reeds verslaan deur hul eie toedoen. Hulle kon nie alles dra wat hul by die vyand kon vat nie, so groot was die Here se seen en guns. Waarvoor kan ons Hom loof en prys in ons lewe?


Amen.


20 views0 comments

Recent Posts

See All

Comentários


bottom of page