Eksodus, wat “vertrek” of “uit” beteken, verwys hoofsaaklik na die Israeliete se uittog uit Egipte, maar meer as dit verwys dit na die vryheid wat God vir Sy volk bring – vry van slawerny, vry van die band van sonde, vry van angs en vrees en die soeke na identiteit.
Al word die hele wêreld verwoes, bly ‘n klein familie gespaar om die nalatenskap voort te sit. Al verkondig die Egiptenare dat alle seuns doodgemaak moet word, beraam die vroedvroue Sifra en Pua (Eksodus 1) ‘n plan om die nasie te bou. Bloed aan die deurkosyne, ‘n pad deur die see, kos in die woestyn (hoe dankbaar is ons nou nog vir ‘n stukkie brood as die koskaste leeg is of die kinders honger!). Daar is altyd ‘n uitweg. God gee vrugte in die woestyn, manna in die droogte, vergifnis waar daar seer is.
Hoe dikwels voel ons nie vasgevang in ons omstandighede nie? Ons laat toe dat sisteme en mense en dinge ‘n houvas op ons lewe het. En dit is die houvas waarmee ons ander wil beheer.
‘n Slagoffer-mentaliteit wat van ons of ‘n slagoffer maak of die arme mense rondom ons.
Dis presies wie die farao was en niemand het gedink dis belangrik om sy naam ooit in die Bybel te noem nie. Die twee skynbaar nietige vroedvroue, en honderde ander, se name is wel aan ons bekend. Want hulle het nie opgegee of weggehardloop nie - hulle het beweeg!
Wat maak jou bang? Wat ander mense van jou dink? Mislukking? Swakheid? Risiko? Vernedering? God het jou kom vry maak van al daardie dinge (Eksodus 14:13; Galasiers 5:1). Die wonderlike nuus is dat jy klaar vry is!
Wanneer laas moes jy ‘n doolhof probeer oplos (maze puzzle, labyrinth)? Daar is iemand aan die begin van hierdie doolhof wat aan die einde van die doolhof moet uitkom op die vinnigste en beste manier, maar die beloning wag reeds aan die einde van die doolhof. Die vryheid is reeds gekoop! Die deur staan reeds oop!
"Jy sien dit dalk nie nou raak tussendeur vuil skottelgoed en hope papier, whatsapps, honger kinders, lang en moeë dae nie... maar daar is method in the madness. Daar is ‘n doel. Daar is ‘n resultaat. ‘n Kanaän aan die einde van ‘n woestyn, ‘n ligpunt aan die einde van die donker tonnel."
Watookal jou in slawerny hou, die Here kom vra vir jou:
“Will you break or will you bend?”
Ek dink nie ons kan toelaat om soos die farao gebreek te word nie, maar eerder skuif, vertrek, vorentoe beweeg. As daar iets of iemand in jou pad staan om God se lig te kan sien, bid dat die Heilige Gees vir jou ‘n nuwe pad sal wys, ‘n uitweg, ‘n ompad.
Ons is nie slawe van ons omstandighede nie, ons is conquerers, warriors, go-getters, vasbyters, deurdrukkers. Al is die ompad alleen en verlate, vreemd of onregverdig, weet ons daar is lig op hierdie pad.
Jy is met ‘n baie spesifieke doel op ‘n spesifieke plek geplaas. As verpleegster, moeder, onderwyser, mentor of sommer net vrou. Die vriendelike woord wat jy spreek, die liefdevolle advies wat jy moet gee, die vertroostende oor of selfs die harde aanmanings wat jy nou en dan moet gee het alles ‘n doel en betekenis in die ontwikkeling van iemand anders se lewe. Jy is heeltemal deel van God se plan vir hierdie lewe en die mense rondom jou.
Bid saam:
· Weet jy wat jou doel is in jou huidige posisie?
· Kan jy terugdink aan ‘n situasie waar jy geweet het jou doel was om iemand anders te help om hul doel te realiseer of raak te sien? Hoe het jy gehelp?
· Soms staan vrees in die pad om vorentoe te beweeg en iemand anders te help. Wanneer het jy dalk al versuim om daar te wees vir iemand anders? Hoekom nie? Wat kon jy dalk anders gedoen het?
Amen.
* Wat beteken 'n vreemde vers soos Eksodus 4:24? Lees die kommentaar hier onder.
Wat beteken 'n vreemde vers soos Eksodus 4:24? Dit klink asof God vir Moses wou doodmaak in die middel van ander opdragte wat Hy vir hom gegee het. Dit is inderdaad 'n moeilike vers om te verteer, en selfs die opskrif van hierdie gedeelte praat van 'n vreemde verskynsel. Met sulke verse is dit maar altyd wys om die hele hoofstuk en konteks te lees en God se groter plan in ag te neem.
Daar is egter 'n paar moontlike verduidelikings vir die vers. In die oorspronklike Hebreeuse vertaling is ons nie seker wie die "hy" is na wie daar verwys word nie - dit kan Moses wees of sy seun Gersom. Wie dit ookal is, word daar waarskynlik ver…