Ek nooi al die vroue uit om saam met my die Bybel in 'n jaar te lees. Die uitdaging is nie net om te sê jy het die Bybel deurgelees nie, maar meer as dit wil ek dissipline en verbintenis in my lewe kweek. Ek wil mediteer rondom sekere verse en nog 'n keer gaan hoor wat die Here nou vir my wil sê. Ek wil vriendinne langs die pad ontmoet wat dieselfde hoofstukke gelees het en dieselfde behoeftes het, maar vars en verskillende ontdekkings maak. Ek wil groei en intensioneel met my geestelike lewe omgaan. Hierdie reis begin op 6 Februarie (want alles hoef nie op 1 Januarie te begin nie) en behels van jou om elke dag 'n paar hoofstukke uit die Bybel te lees en Sondae daarop te reflekteer. Laat weet asseblief hoe dit gaan en wat jy ontdek!
MAANDAG, 6 FEB: Genesis 1-4
DINSDAG, 7 FEB: Genesis 5-8
WOENSDAG, 8 FEB: Genesis 9-12
DONDERDAG, 9 FEB: Genesis 13-15
VRYDAG, 10 FEB: Genesis 16-18
SATERDAG, 11 FEB: Genesis 19-21
Comments